Die tema van die afgelope mark was 'Mother's Day Market'.
Heerlik
e eetgoed en pragtige geskenke vir Moedersdag was beskikbaar. Vrolike musiek is gespeel en die Albertinia Poppekas saam met Kosie en Wolf het die besoekers getrakteer met 'n verhaal hoekom wolf nie rooivleis mag eet nie.
'Mark in die Park' word elke eerste Saterdag van die maand gehou by die Engen Garage vanaf 09:00 tot 14:00.

Tydens die ‘Mark in die Park’ het die Poppekas saam met Kosie en die wolf baie aandag getrek.