Leerders van verskillende skole leer musiek by die Ha'qua Jeugsentrum.
Hulle woon in verskillende dele van die dorp, van Môrestond, Aloeridge, Kwanokuthula tot die dorp en is van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool, Hoërskool Langenhoven en Christlike Academy.
Hulle kom elke Vrydag bymekaar vir twee ure om musiek: koorsang en orkesmusiek te oefen.
Die groep bestaan uit ongeveer twintig leerders onder leiding van Pam de Goede. Hulle oefen al vir die laaste jaar en het vanjaar vir die eerste keer amptelik in die openbaar opgetree.
Die klasse waarin hulle aan die Eisteddfod deelgeneem het, is Groepsang, Koorsang, Groep Instrumente (kwartet), Jeugorkes (net skoolkinders) en Ope Orkes (kinders tot 21 jaar oud). Hulle het verskillende erkennings gekry, van brons tot goud.
"Ons wil mnr Chris Taute bedank vir die geriewe, tyd en ondersteuning by Ha!qua," het De Goede na afloop van die geleentheid gesê.

Ha!qua Jeugorkes het die gehoor by die Eisteddfod beïndruk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus.'