VERMAAKNUUS - “Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad.”
Marita van der Vyver se bekende coming of age verhaal, verwerk deur Francois Toerien word verlewendig deur Chintaine Schutte in hierdie solovertoning.
Die dinge van ‘n kind speel af in die 1970’s en handel oor vrouwees, vriendskappe, tienerjare, swangerskap, en die pad na grootword.
Cintaine was ook vanjaar by die kykNET Fiestas een van drie kunstenaars wat vir die eerste keer ‘n Sinjatuurtoekenning ontvang het.PLEK: KykNET Hoërskool
DATUMS EN TYE:
- 31 Maart om 10:00;
- 1 April om 18:30;
- 2 April om 13:30.
BESPREEK: Webtickets.co.za
Cintaine Schutte in Die dinge van 'n kind.
Cintaine Schutte: Fotos: Robert Hamblin
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'