STILBAAI NUUS - Die bekendstelling van Réna Rauch se roman, Beauty, vind Donderdagoggend, 23 April, om 10:00 plaas in Die Kliphuis by Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai-Oos.
Riana Scheepers gaan met Rauch gesels oor hierdie besonderse boek - 'n verhaal van moed, menslikheid en die prys van waarheid in 'n wêreld waar stilte soms veiliger is as eerlikheid.
Dit is Rauch, wat in George grootgeword het, se debuutroman en haar agtergrond in etiek, asook letterkunde, voed haar belangstelling in die morele kompleksiteit en menslike weerloosheid - temas wat in die boek deurskemer.
Ná 'n huwelik van 18 jaar, vra die akademikus, joernalis en ma, Catherine Haig, haar man vir 'n egskeiding.
Watter rol speel 'n geheim en 'n belofte in haar jeug hierin? Het die redakteur van die koerant vir wie sy 'n rubriek skryf 'n té groot invloed op haar? En waar pas haar komplekse vriendin in die prentjie?
Kom deel in 'n oggend van gesprek, ontdekking en storie. Verversings sal bedien word.
RSVP: Esther Scheffer by 082 460 6338.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’