Die program is in samewerking met die polisiediens, kindersorg en ACVV op Maandagaand, 20 Mei aangebied.
Gesinne uit die boeregemeenskap het dit bygewoon en na afloop van die byeenkoms is almal met 'n ligte ete getrakteer.
"Alkoholmisbruik is 'n groot euwel in ons gemeenskappe en dit moet ernstig aangespreek word," het Coreen Jansen van Rensburg, gemeenskapsontwikkelingsbeampte van die ACVV na afloop van die geleentheid gesê.
Lede van die Kambro-Diggers dramagroep saam met afgevaardigdes van kindersorg, polisiediens en ACVV.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa | Klein-Karoo nuus'