STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-biblioteek het vanjaar se Mandeladag in samewerking met Still Bay Animal Protection en die Blombos-museum gevier deur die fokus op die welstand van Stilbaai se honde en katte te plaas.
Still Bay Animal Protection het Vrydag 17 Julie gratis naelknipdienste vir troeteldiere op die grasperk voor die Stilbaai-biblioteek aangebied. Altesaam 25 honde en twee katte het in die 75 beskikbare minute van die diens gebruik gemaak.
Terwyl troeteldiere versorg is, het die Stilbaai-biblioteek en die Blombos-museum besoekers en verbygangers met koffie en soetgoed bederf. Die inisiatief het nie net die gees van Mandeladag uitgeleef nie, maar ook die samewerking tussen plaaslike organisasies en die gemeenskap beklemtoon.
Die dag het 'n gesellige atmosfeer geskep waar inwoners, hul troeteldiere en vrywilligers saam die waarde van diensbaarheid en omgee kon vier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’