STILBAAI NUUS - Om die Goukourivier se reputasie as een van die skoonste riviere in die land te behou, kan die wonderlike gemeenskap van Stilbaai 'n groot rol speel.
Die Stilbaai-gemeenskapsforum het 'n blits-skoonmaakoperasie gereël vir Donderdag, 30 April, van 10:00 tot 11:00.
Hulle versoek dat soveel as moontlik mense by die Brugmark bymekaarkom om sakke vir hierdie poging te ontvang.
Hierdie uur wat jy opoffer, maak 'n reuseverskil en is glad nie harde werk nie. Bring jou vriende en familie saam en maak dit sommer 'n lekker uitstappie.
Sien jou Donderdag, 30 April, om 10:00 by Die Brugmark.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’