STILBAAI NUUS - Hengelaars van die plaaslike klub het die sesde liga van die Suid-Kaap interklubkompetisie Saterdag 4 Februarie op Plettenbergbaai gewen.
Altesaam 137 hengelaars van die onderskeie klubs in die Suid-Kaap het aan die kompetisie deelgeneem.
Stilbaai-hengelaars het die eerste, tweede, vierde en sewende plekke vir die dag ingeneem.
Die visueel gestremde hengelaar, Leon van Wyk was die algehele wenner vir die dag met sy stertlose skeurtandhaai wat 127,67 kg geweeg het, terwyl AJ de Beer tweede algeheel was met sy skeurtandhaai van 105 kg.
Dirkie Saayman was vierde met Raldu Potgieter sewende.
Floris Marais was tweede in die o. 16-afdeling en het 'n wit Steenbras van 5,44 kg uitgetrek. Dit was die grootste eetbare vis in die junior-klas.
Stilbaai het in totaal 240.64 punte aangeteken met die naaswenners, Knysna wat 78.87 punte kon insamel.
Raldu Potgieter met sy hondhaai van 24,7 kg.
Ná ses van die 11 ligas nou agter die rug, loop Stilbaai voor met 624.20 punte. Mosselbaai se Tritonspan is tweede met 406.86 punte.
Stilbaai se A- en C-spanne is voor in hul kategorieë, terwyl die B-span algeheel vierde is.
AJ de Beer het die tweede grootste vis vir die dag uitgetrek met sy skeurtandhaai van 105 kg. Foto's: verskaf
Lees 'n vorige artikel: Stilbaai-hengelaars wen in Plett
ARTIKEL: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'