STILBAAI NUUSFLITS - Wynmakers van regoor die land het reeds van vroeg vanoggend (10 Augustus) op Stilbaai saamgetrek vir die jaarlikse Vintner’s Surf Classic.
Ten spyte van reën wat voortdurend uitgesak het, het dit nie ’n nadelige invloed op die kompetisie gehad nie. Die plek waar dit plaasvind, moes egter ’n paar keer verskuif word om veiligheidsredes.
“Dit sou aanvanklik by Jongensfontein wees, maar die omstandighede was nie geskik nie en boonop was daar dolfyne,” het Sebastian Beaumont, een van die komiteelede wat die byeenkoms behartig, aan Suid-Kaap Forum gesê.
Fotogalery, video en uitslae sal gedurende volgende week hier op ons wewerf beskikbaar wees.
Die langverwagte en welkome reën is uiteindelik hier. Toeskouers tydens die Vintner’s Surf Classic soek skuiling onder ’n gazebo.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'