STILBAAI NUUSFLITS - Drie hengelaars van dié kusdorp is na afloop van die SA nasionale rots- en strandhengelkampioenskap wat in Port Elizabeth plaasgevind het, vir die SA Presidentspan gekies.
AJ de Beer, Raldu Potgieter en Willie Welman sal saam met die res van die span in Oktober vanjaar in Namibië deelneem.
Ná die vyfdag-kompetisie was Potgieter ook derde in die land oor drie jaar met Welman 11de, De Beer 18de, Matthew Sumner 45ste en Xander de Beer van Riversdal 46ste.
Die hengelomstandighede en wind was nie baie gunstig nie. Potgieter het die beste van die Stilbaaiers gevaar deur die tweede grootste kabeljou van die toernooi te vang.
Die span van Eden Provinsie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'