RIVERSDALTENNIS NUUS- Die damespan van die dorp se tennisklub het drie van hul vier wedstryde in die tweede liga van die Eden-distrik gewen.
Hulle het George en Hartenbos met 3-1 geklop en teen Karoo Park met 4-0 geseëvier. Slegs Mosselbaai kon hulle met die kous oor die kop huis toe stuur.
Die klub nooi alle belangstellendes, ook nie-lede, om hul afsluitingsfunksie op 30 November by te woon.
Vanaf 09:00 sal sosiale tennis gespeel word, waarna die braaivleisvure om 12:00 aangesteek sal word.
Vir navrae kan die voorsitter Lientjie Roos by 083 269 7237 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'