RIVERSDAL NUUS - Albertinia Rangers en Riversdal Blues sit hul voorseisoen voorbereiding die komende Saterdag voort wanneer hulle mekaar in die Riverville-stadion aandurf.
Verwag maar 'n warm opwarming en die tuisspan sal wil vergoed vir die vorige naweek se glips teen Albertinia.
Albertinia Rangers het Saterdag op sy tuisveld in 'n opwarmingswedstryd vir Riversdal Blues met 27 - 22 geklop.
Die wedstryd is deur pragtige hardlooprugby gekenmerk en albei spanne het aanskoulike drieë gedruk.
Maar die toeskouers was nie altyd tevrede met van die beslissings nie en het luidkeels hul misnoeë te kenne gegee.
Albertinia se C-span het Riversdal met 8 - 0 gewen, maar Riversdal se B-span het die bordjies verhang en met 17 - 13 gewen.
Beide spanne pak mekaar weer die naweek in Riversdal in nog 'n vriendskaplike wedstryd.
Heinrich Fortuin, korrespondent vir Suid-Kaap Forum, het die aksiefoto's geneem.
Ifraim Klaassen rank hoog om die bal in die lynstaan te bemeester.
Conray Matiso (met bal) bars kop onderstebo deur die verdediging.
Angelo Uithaler van Albertinia Rangers steek sy arms uit om die bal te vang net voor hy 'n drie gaan druk het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'