STILBAAI NUUS - Die eerste vyf spanne in die Uitdaagbekerkompetisie lê baie naby mekaar met All Blacks van Oudtshoorn wat die toon aangee met 20 punte.
Seagulls lê derde met 17 punte, terwyl Riversdal Blues vyfde is met 16 punte en Riversdal-rugbyklub in die sesde posisie met agt punte.
Saterdag 2 Augustus pak Riversdal Blues vir Riversdal Dorp in Riversdal en Seagulls speel in Melkhoutfontein teen George-rugbyklub.
Dit behoort twee opwindende wedstryde te wees en indien die weer dit toelaat kry die ondersteuners die geleentheid om hulle spanne op tuisbodem in aksie te sien.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’