ALBERTINIA NUUS - Die vrouerugbyklub van die dorp het Saterdag 9 Junie hul eerste rugbywedstryd teen Heidelberg vrouespan gespeel en 5-0 gewen.
Hulle het 'n voorwedstryd gespeel vir die SWD teen Oostelike-provinsie op Outeniquapark in George.
John Prins praat met groot lof van sy span en hy glo met 'n bietjie skaafwerk sal dit baie beter gaan. Hy het sy kaptein, Rosetta Nomdo ook as 'n goeie speler uitgesonder. Stacey Michaels het die enigste drie gedruk.
Die Tigers vrouerugbyspan het hul eerste wedstryd vir die seisoen gewen.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'