SUID-KAAP RUGBY NUUS - Die SWD meisies o.16-rugbyspan het na afloop van 'n toernooi gedurende die week vanaf Maandag 17 tot Vrydag 21 Junie 'n derde plek in Johannesburg verower.
Drie Hessequa-spelers was by die span van 23 ingesluit, naamlik Micayla Hartnick (Heidelberg), Shannon Pieterse (Riversdal) en Jolin Pietersen.
Hulle het onderskeidelik teen Grens, Haaie en Blou Bulle kragte gemeet. Hulle het Vrydag teen laasgenoemde uitgespeel en gelykop met 26 elk geëindig vir die derde plek in die toernooi.
Die span se hoofafrigter Shamark Pedro, hulpafrigter John Prins, en spanbestuurder Daphne Joseph, was gelukkig met die span se spel tydens die toernooi. Volgens Prins was dit nie 'n maklike toernooi nie, maar goeie rugby is ten toon gestel.
Die SWD meisies o.16-rugbyspan en bestuurslede. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'