RIVERSDAL NUUS - Rugbyspanne vanuit die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Eden en Hessequa het in Riversdal by Hoër Landbouskool Oakdale se jaarlikse Klein Karoo Saadproduksie se o.13-toernooi deelgeneem.
Hoërskool Langenhoven het terselfdertyd dié skool se jaarlikse o.13-netbaltoernooi vir skole uit dié provinsies op sy bane gehou.
Dié jaarlikse instelling het Vrydag 1 Maart begin en tot Saterdag 2 Maart geduur.
Die rugby is by die velde van Hoër Landbouskool Oakdale afgehandel en die netbal by die bane van Hoërskool Langenhoven.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’