RIVERSDAL NUUS - Met 'n skepskop in die doodsnikke het die Iere se Ciaran Frawley die Springbokke in Durban gekelder om met 25-24 te wen.
'n Groot hartseer vir duisende Bok-ondersteuners.
En toe trek Seagulls die spreekwoordelike haas uit die hoed met 'n soortgelyke kelderaksie teen Riversdal Blues toe sy losskakel, Curnall Sollmans, 'n skepskop in die 84ste minuut deur die pale jaag om 'n oorwinning met 19-17 aan die besoekers te besorg.
'n Rooi kaart vroeg in die eerste helfte en swak dissipline het die Blues se kanse lelik beduiwel.
Maar alle krediet aan Seagulls wat in die tweede helfte sterk teruggeveg het om 'n agterstand van 17-6 in 'n oorwinning te omskep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’