STILBAAI NUUS - Beide Seagulls se A en B-spanne het Saterdag 12 Mei daarin geslaag om Ladismith op hul tuisveld te wen.
Seagulls en Ladismith se A-span het beide hard ingeklim en die skare op hul voete gehou met 'n tipiese wipplankwedstryd wat tot op die einde baie spannend was.
Seagulls het in die laaste vyf minute die oorhand gekry en wen 31-27.
Puntemakers was Wilhelm Sollmans, Joshwin Pieterse, Tobias Swarts en Ruben Daries. Vir Seagulls B wat Ladismith met 37-7 gewen het, was die puntemakers Henrico Saayman, Riedewaan Riddles (onderkaptein), Andrew Daniels (kaptein), Jason Witbooi en Luzane Pieterse.
Seagulls A saam met afrigters.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'