MELKHOUTFONTEIN RUGBY NUUS - Seagulls se B-span het Saterdag 14 September op Van Riebeeck-stadion op Mosselbaai vir 'n groot verrassing gesorg.
Hulle het die All Blacks B-span van Oudtshoorn met 31-27 in die halfeindstryd van die SWD Presidentsliga gewen.
Die jongspan het weereens karakter getoon en vyf drieë gedruk. Gurdwin Kleinhans was met drie drieë die ster van die span. Wilton Michaels en Elton Manho het ook punte aangeteken. Louwrens Waterboer het met drie doelskoppe vir sy span geslaag. Kleinhans is as speler van die wedstryd aangewys.
Seagulls speel op 21 September op Outeniquapark in die eindstryd teen Eagle Stars van Sedgefield.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'