MELHOUTFONTEIN NUUS - Na drie agtereenvolgende wedstryde wat Seagulls-rugbyklub se vlagskip in die SWD Superliga B-liga verloor het, het die span Saterdag 4 Junie op hul tuisveld goed herstel en Knysna United met 20-12 verslaan.
Seagulls het rustyd met 17-7 in hul tiende ronde wedstryd voorgeloop.
Goeie verdediging veral in die tweede helfte deur die besoekers, het die tuisspan verhoed om meer punte aan te teken. Seagulls kon na rustyd slegs ‘n strafskop by hul telling voeg. Nie een van die twee spanne kon ‘n bonuspunt verseker nie.
Nathan Buis van Seagulls is as speler van die wedstryd aangewys.
In die eerste wedstryd van die dag het Seagulls se B-span met 24-0 gewen na hulle rustyd met 5-0 voorgeloop het om dan ook ‘n bonuspunt te verseker met vier drieë.
Punte
Seagulls A:
Drieë:
- Jerome Esau (1),
- Gershom van Rooyen (1) en
- Willem Hendricks (1).
Doelskop:
- Wilhelm Sollmans (1).
- Strafskop: Sollmans (1).
Knysna United A:
Drieë:
- Howard Borcherds (1) en
- Nourridine Filander (1).
Doelskop:
- Filander (1).
Seagulls B:
Drieë
- Teswill Rhoda (1),
- Tobias Swarts (1),
- Wimpy Adams (1) en
- Waden Lakay (1).
Doelskoppe:
- Adams (2).
Seagulls speel Saterdag 11 Junie weg teen Prins Albert.
Nathan Buis, senter van Seagulls se A-span het die opponente goed besig gehou met sy breekslae.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'