STILBAAI NUUS - Seagulls se wedstryd Saterdag 23 Augustus op die Rosemoor-stadion in George is baie belangrik, want hulle stoei nog steeds vir 'n plek in die top-4 om volgende jaar in die Superliga te bly.
Hulle opponente, Silver Stars, lê tans in die tweede plek met 4 ligapunte voor Seagulls en dit behoort 'n klipharde stryd af te gee.
Seagulls bly 'n gevaarlike span as hulle op al hulle silinders vuur en Saterdag kan net die seisoen vir hulle en hulle getroue ondersteuners draai.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’