STILBAAI NUUS - Na Seagulls se naelskraapse sege oor Riversdal Blues Saterdag 13 Julie is alle oë gerig op Melkhoutfontein.
Seagulls pak Uniondale United met drie spanne in Melkhoutfontein en hulle sal bitter graag die momentum wil behou.
In hulle vorige kragmeting het Uniondale gewen en Seagulls sal alles in die stryd werp om die bordjies te verhang.
Na rondte een lê Uniondale in die derde plek met vyf punte en Seagulls in die vierde plek met vier punte na Uniondale se bonuspunt wen en dit dek die tafel vir 'n titaniese stryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’