STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub se doelwit om in die top agt in hulle liga te wees kan Saterdag 22 Junie teen Prince Albert verwesenlik word.
Hulle reis dus Prince Albert toe met net een doelwit in gedagte en dit is om hulle in hulle eie agterplaas te gaan klop.
Marlin Jansen, Voorsitter, is vol moed en sê dat hy glo in elkeen van die spelers en afrigterskorps en weet dat hulle die wedstryd met passie en vasberadenheid sal aanpak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’