STILBAAI RUGBY NUUS - Seagulls sluit die eerste helfte van die jaar se Presidentsliga-rugby op 'n hoë noot af.
Op hul tuisveld op Melkhoutfontein klop hul gemaklik albei spanne van Van Wyksdorp.
Jaques Dyson van die B-span het geen tyd gemors nie en sommer binne die eerste vyf minute van die wedstryd sy eerste drie aangeteken. Die manne was glad nie skaam om drieë te druk nie en rustyd was die telling reeds 24-3 in die guns van Seagulls. Dié span wen met 'n groot telling van 29-10.
Hyron October van die A-span was die gunsteling onder die skare en Seagulls was gereed om kort-kort 'n drie aan te teken.
Met die blaas van die eindfluitjie was die punte 28-11 in Seagulls se guns.
Seagulls se bestuur sowel as die spelers bedank toeskouers vir hul ondersteuning.
Geen SWD Presidentsliga-wedstryde vind die komende naweek plaas nie en Seagulls begin die tweede helfte van die liga in Albertinia teen Rangers op Saterdag 2 Junie.
Seagulls sluit die eerste helfte van die jaar se Presidentsliga-rugby op 'n hoë noot af.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'