Hulle het eindelik hul opponente se vlerke met 'n 21-13 sege geknip. Beide spanne het by tye goeie hardlooprugby aan hul toeskouers opgedis, maar onnodige foute aan beide kante het hulle weerhou om meer punte aan te teken. Die besoekers het egter goed gedoen om 'n bonuspunt in te oes.
Puntemakers vir Seagulls was Eldon Manho (regtervluel) en Brandon de Wee (flank) wat elk 'n drie aangeteken het. Manho het ook met drie strafskoppe en een doelskop geslaag. Blue Birds se puntemakers was nie beskikbaar nie.
Seagulls se tweede span het baie goed vertoon en hul wedstryd met 27-0 gewen. Puntemakers vir die tuisspan was Jason Witbooi (agsteman) met een drie en Wilhelm Sollomans (reserwe skrumskakel) met twee drieë. Louwrens Waterboer (skrumskakel) het aldrie drieë verdoel en met twee strafskoppe geslaag.

Seagulls se tweede span.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'