OUDSHOORN RUGBY NUUS - Spring Roses het Seagulls tydens 'n kwarteindronde op Plateveld, Oudtshoorn op Saterdag 18 Augustus met 26-22 gewen.
Groot opgewondenheid het onder Seagulls-ondersteuners, spelers en bestuur geheers toe dit bekend gemaak is dat Seagulls B-span kwalifiseer vir kwarteindronde uitspeelwedstryd teen Spring Roses.
Die wedstryd het Saterdag 18 Augustus op die Plateveld op Oudtshoorn plaasgevind.
Saterdagoggend vroeg het Seagulls se span met bestuurslede en afrigter in 'n plaaslike kerk bymekaar gekom om voorbidding te doen vir die reis en wedstryd wat voorlê.
Toebroodjies is vir die manne verskaf om die rit te verkort. Voor vertrek het Jakkie Wessels, SWD-rugby uitvoerende bestuur, die manne sterkte toegewens. Hy het die manne versoek om hard maar eerlik te speel en deur hul optrede ware mentors vir die gemeenskap te wees.
Aanvanklik het die senuwees geknaag by Seagulls en heelwat ongedwonge foute is begaan. Spring Roses het kop gehou en die situasie gebruik om punte op te stapel. Dit het gelyk of Seagulls 'n groot loesing op die hals gaan haal.
Rustyd het aangebreek met Spring Roses wat 19-3 voorgeloop het.
Spring Roses dring dus deur na die halfeindronde. So kom vanjaar se ligarugbyseisoen op 'n einde vir Seagulls en die manne kan hul lywe laat rus vir volgende jaar se SWD-klubtoernooi.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'