MELKHOUTFONTEIN NUUS - Seagulls-rugbyklub se B-span het Saterdag 7 Julie uitstekende rugby op hul tuisveld gespeel en Zoar met 33-7 gewen, nadat hulle rustyd met 19-0 voorgeloop het.
Die weer het mooi saamgespeel om vir 'n perfekte rugbymiddag te sorg. Morné Sefoor, Luzane Pieterseen, Wilton Michels het elkeen 'n drie gedruk en met Andrew Daniels se twee drieë het hulle 'n welverdiende bonuspunt gekry.
Lourens Waterboer het agt punte met sy doelskoppe aangeteken.
Seagulls A was minder gelukkig en het gelykop met 13-13 gespeel, hoewel hulle in 'n stadium met 10 punte teenoor die 5 van Zoar voorgeloop het. Die besoekers het egter sterk teruggekom en die besoekers slaag met 'n drie net voor die eindfluitjie blaas. Seagulls se senter, Peter John Petersen het vroeg in die wedstryd 'n drie gedruk en Joshwin Pieterse, heelagter, het met 'n doelskop, sowel as twee strafskoppe geslaag.
Seagulls se bestuur bedank die spelers en ondersteuners van beide Presidentspanne vir uitstekende dissipline gedurende die twee wedstryde.
Seagulls se volgende kragmeting is hierdie naweek, Saterdag 14 Julie teen Mosselbaai op Mosselbaai se tuisveld.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'