Gallery
HESSEQUA NUUS - Dit was nie mooi nie, maar Riversdal Blues het sy eerste oorwinning in die SWD se Super A-liga behaal toe hy Maori's van George Saterdag op sy tuisveld net-net met 34 - 32 geklop het.
Die Blues het in die eerste helfte talle ongedwonge foute begaan, maar darem beter gevaar in die tweede helfte.
Maar hulle sal hul spelpeil moet lig teen die oorblywende spanne as hulle nog enigsins hond haaraf wil maak in dié mededingende liga.
FOTOGALERY: Riversdal Blues sukkel teen Maori's
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’