RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues-rugbyklub, die SWD se Super B-ligakampioen, is op soek na 'n nuwe afrigter.
Enigeen met die nodige ondervinding wat belangstel om die klub in die 2023-seisoen onder hande te neem, kan 'n aansoek per brief na die klub instuur.
Dié aansoekbrief móét voor of op 15 Desember 2022 per e-pos of met die hand ingehandig word en moet die aansoeker se ondervinding duidelik uiteensit.
Stuur e-pos na lieselssaayman007@gmail.com of nickyjuta1@gmail.com of gee dit persoonlik af aan enigeen van die twee.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'