OUDTSHOORN SPORTNUUS - All Blacks-rugbyklub se A-span is vanmiddag deur Riversdal Blues in hul spore met 26-25 gestuit in die SWD Super B-liga se halfeindstryd by die Bridgton-sportterrein.
Riversdal het die wedstryd met 'n opportunistiese skepskop in die laaste vyf minute gewen.
All Blacks het egter 'n gulde kans verbrou om die wedstryd in die doodsnikke met 'n strafskop te wen, waarna die skeidsregter die wedstryd oomblikke daarna afgeblaas het.
Lees meer hoe die aksie ontvou het in volgende week se uitgawe van die Oudtshoorn Courant.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'