Rangers het die wedstryd met mening begin en binne drie minute agter die doellyn gaan kuier.
Die drie het gekom met 'n wilde aangee deur 'n speler van Bonnivale en onderskep is deur die senter Calvyn Kortze. Kort daarna is 'n strafskop aan Rangers gegee wat die telling laat opskuif het na 10 - 0 in die tuisspan se guns. Die wynmanne het glad nie bekommerd voorgekom nie, en die wedstryd kalm hanteer.
Bonnivale het enkele minute verwoes ingeklim en is later beloon met 'n drie. Bonnie-vale kon ook hulle telling opskuif na 10 - 10 na die losskakel die bal deur die pale gejaag het. Twee geelkaarte is ook teen die besoe-kers uitgehaal en Rangers kon net nie punte aanteken teen 14 manne nie.
Rangers het probleme begin ondervind by die skrums en die lynstane. Die haker kon net nie die bal reguit ingooi nie en die komminukasie met die skrumhalf het groot kopseer besorg. Rangers het soveel kanse gehad om die wedstryd te wen, maar verkeerde besluite het hulle die wedstryd gekos.Rangers het alles probeer om die rotsvaste verdediging van Bonnivale te breek, maar die besoekers het nooit laat slap lê nie.
Met 15 minute speeltyd oor is 'n paar strafskoppe voor die pale verruil vir 'n hoekskop in plaas van om pale toe te skop. Dit was te laat en Rangers het op eie bodem met 16 - 20 verloor. Rangers se tweede span het goed gedoen en hul wedstryd gemaklik gewen. Reagon Kortze het 11 van sy span se punte aangeteken en sy broer Calvyn het die enigste drie gedruk.
Bonnivale se kaptein, D. Slambee het ook 'n drie gedruk teen Rangers. Die skopwerk is deur C. Reiners waargeneem en hy het 10 punte aangeteken vir sy span.
Rangers A-span saam met hul afrigters in hule pragtige opwarmings t-hemde. Foto's: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Albertinia | Hessequa nuus'