ALBERTINIA NUUS - Die plaaslike rugbyspan, Rangers, het Saterdag 27 April al hul dae gehad om Mosselbaai uiteindelik 21-18 te wen.
Swak verdediging het Rangers byna die wedstryd gekos, want die Mosselbaaiers het by tye gevaarlik aangeval en Rangers moes hul keer ken.
Die besoekers was behoorlik oorgehaal met die afskop in die tweede helfte. Pragtige verdediging en spelpatroon het van Nathan Laverlot die speler van die wedstryd gemaak.
Curnell Sullmons, Rangers-heelagter, het sy teenstanders 'n paar keer met sy lang skoppe teruggejaag. Hy slaag ook met 'n pragdrie. Voorryspelers Gordon Ntozini, Abian Riddles, haker Rejovaan Fortuin en die kaptein, Bobby Manho, het hulle goed van hul taak gekwyt.
Rangers se B-span behaal volpunte en wen hul ligawedstryd maklik met 17-0.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'