ALBERTINIA NUUS - Rangers-rugbyklub van Albertinia het Saterdag, 12 Maart vroeg na Gouritsmond vertrek vir 'n lekker spanbougeleentheid.
Die dag se verrigtinge is met 'n drafsessie op die strand begin en later het hulle litte by die swembad losgemaak.
Die blaaskans is die ideale manier om die spelers se ingesteldheid te kry voor die rugbyseisoen afskop, maar dit gee ook van die beseerde spelers die kans om te herstel.
Van die spelers het in hul vriendskaplike wedstryde teen die Titans van Mosselbaai en die Barbarians lelike beserings opgedoen.
Die spelers is egter positief en hulle sien uit na 'n harde seisoen.
Hulle eerste wedstryd skop teen Spring Roses van Oudtshoorn op Albertinia af. Hulle nooi hul ondersteuners uit om hulle in groot getalle te kom ondersteun.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'