Elf Oakdalers het deelgeneem aan die o.16-Grant Khomo-week en bygedra tot SWD se skittervertonings. SWD wen die Griffons 21-10, wen die Pumas 38-7 en verloor met 10-27 teen Grens.
Vier Oakdalers het die SWD o.18-Akademieweek verteenwoordig wat al hul wedstryde op hierdie toernooi gewen het. JT Jackson het veral skitterend gespeel. SWD wen die Lions met 38-33, wen WP 22-19 en wen OP 32-7.
Nege Oakdalers was ingesluit in die SWD o.18-Cravenweekspan waarvan twee wedstryde op TV gebeeldsend is.
SWD verloor teen die Lions met 27-34, wen die OP met 40-14 en wen ook hul wedstryd teen die Blou Bulle met 37-29. Mnr. Pine Marais was ook agterlynafrigter van die Cravenweekspan.
Oakdale is trots op sy groot bydrae tot die sukses van SWD-skolerugby, maar ook trots daarop om soveel spelers die geleentheid tot provinsiale deelname te bied.

Cravenweekgroep - Agter van links is Nemo Roelofse, JP Coetzee, Juandré Digue, en Daniël Maree. Voor van links is Maurice White, Lorenzo Gordon, Gene Willemse en Benjamin Janse van Vuuren. Afwesig: Donovan van der Berg.