HESSEQUA NUUS - Die Oakdale Klein Karoo Saadproduksie-rugbyweek is vanjaar weer by Hoër Landbouskool Oakdale aangebied.
Vier-en-dertig o/19A-spanne het mekaar die stryd aangesê op die rugbyveld.
Tydens die prysuitdeling is die Klein Karoo Saadproduksie-15tal aangekondig om aan die beste speler in elke posisie erkenning te gee vir hulle spel tydens die week.
Hulle is:
- Keagen van Rooyen (Die Brandwag)
- Christiaan Barnard (Sentraal)
- Aiden Goldman (Pearson)
- CJ Erasmus (Pearson)
- JJ Fourie (Diamantveld)
- Hanru Bezuidenhout (Strand)
- Nyakala Sethaba (Merensky)
- Zandro Coetzee (Lichtenburg)
- Raydon Swartbooi (Brandwag)
- Bronstin Agulhas (Brackenfell)
- Godwin Fillis (Brandwag)
- Ruan Watts (Diamantveld)
- Vin-Heath Andrews (Hugenote)
- Kyle Seconds (Robertson)
- Ruwin Isaks (Upington)
Die beste voorspeler was CJ Erasmus (Pearson High) en die beste agterspeler Raydon Swartbooi (Brandwag). Pearson High het ook met die toekenning vir die mees aanskoulikste rugby weggestap.
Die ondersteuning van borge is baie belangrik vir die aanbieding van hierdie toernooi en Oakdale wil graag vir Klein Karoo Saadproduksie, die hoofborg se Dawid Malan bedank, asook die ander borge betrokke: Riversdal Superspar, Mountain Ridge Spur en JC Slagterye.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'