Gallery Update
STILBAAI NUUS - Melkhoutfontein Primêr het Saterdag 26 Augustus teen drie skole meegeding op die Melkhoutfontein-sportterrein.
Daar was rugby, netbal en skaak van vroegdag af en nie eers die koue, nat toestande kon die kinders se geesdrif demp nie. Die ouers was dik aangetrek en selde sonder warm koffie.
Die deelnemende skole was Melkhoutfontein Primêr, Laerskool Bertie Barnard van Stilbaai, De Waalville Primêr vanuit Heidelberg en Slangrivier Primêr.
FOTOGALERY: Melkhoutfontein Primêr hou sportdag
Die skoolhoof, Graeme Cuttings, het gesê dat hy graag hierdie sportdag jaarliks met rasse skrede wil laat groei.
Dis so ver as wat jy gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’