RIVERSDALE NUUS - In Oakdale se onlangse oorwinning met 20 -17 oor Boshaai, het Kurt Coetzee met spoed en krag deur die Paarliete se verdediging gehardloop op pad na een van die mooiste drieë wat al op Die Eike gedruk is.
Hugo Redelinghuys kon die aksie darem vasvang.
Hier klop Kurt Coetzee 'n verdediger met 'n skerp binneswenk.
En met 'n laaste binneswenk klop hy die Boishaaiers - en amper die fotograaf - om onder die pale te gaan druk.
Dan lê Kurt rieme neer doellyn toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’