HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het Saterdag 20 Julie in hul tweede Top 8-rugbywedstryd teen die verdedigende kampioen, Groot-Brakrivier, geknak en met 27-23 die knie gebuig.
Heidelberg het met rustyd met 13-8 voorgeloop.
Die wedstryd is deur taai, mededingende rugby gekenmerk en het ses drieë opgelewer waarvan Groot-Brakrivier vier en die tuisspan twee gedruk het. Beide spanne het ook 'n bonuspunt verdien.
In die twee voorafgaande wedstryde het Heibi se derde en tweede spanne onderskeidelik met 18-12 en 38-0 geseëvier.
Heibi se volgende wedstryd is Saterdag 27 Julie weg teen Bridgton van Oudtshoorn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’