RIVERSDAL NUUS - Na afloop van die SWD hoërskole-rugbyproewe is 25 Oakdale-leerders in die SWD-spanne ingesluit. Veertien is in die o.18-Cravenweekspan ingesluit, waarvan 12 in die begin XV-tal.
Die toernooi word in Paarl aangebied. Drie is in die o.18-Akademieweekspan ingesluit wat ook gedurende die Junievakansie in die Paarl aangebied word. Agt leerders is ook in die o.16-SWD-Grant Khomospan ingesluit wat in Kimberley plaasvind.
"Oakdale is baie trots op hierdie leerders, maar dra baie erkenning en dank op aan die onderskeie afrigters wat hul sedert o.14 afgerig het," sê André Latsky, skoolhoof.
Die spelers in die SWD o.18-Akademiespan is van links Hendrik Victor, Neil Francis en Stephan van der Berg.
Die SWD o.18-Cravenweekspan is agter, van links Joaquin Taute, Henco Beukes, Jan Daniël Strydom, Hannes Gous, Pierré-Raymond Uys, Pieter Maritz en Vernon Paulo. Voor: Etienne Steyn, Janco Klinck, Magnus Muller, Derick Jooste, Trevino Gordon, Clyde Lewis en Keano Hendricks.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'