HEIDELBERG RUGBY NUUS - Heidelberg-rugbyklub het Saterdag 22 Junie in hul eerste tweede ronde wegwedstryd van die SWDR Premierliga gewys dat hul sege van 43-14 oor Maori’s in die eerste ronde geen gelukskoot was nie, toe hulle die tuisspan met 61-10 verslind het.
Heibi was rustyd al gerieflik met 36-0 voor.
Ten spyte van die ongure weer wat tydens die wedstryd geheers het, asook die feit dat die wedstryd 20 minute laat begin het, was dit vanaf die afskop duidelik dat Heibi daarop uit was om hul opponente van hul voete af te speel.
Die besoekende span het nie hul ondersteuners teleurgestel nie en het Heibi met aanvallende rugby agt drieë gedruk.
Die tweede span het ’n naelskraapse 12-7 oorwinning behaal nadat hulle rustyd met 7-0 agter was.
Heidelberg speel Saterdag tuis teen die Barbarians van Mosselbaai en sal hulle graag die bordjies wil verhang na hul eerste ronde neerlaag van 20-13 op D’Almeida Park.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'