Gallery Update
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub spog sedert Vrydagaand 1 Junie met nuwe truie vir al drie hul spanne.
Die truie is tydens 'n oorhandigingsseremonie in die sportstadionsaal deur hul twee borge, Spar/Tops en Doornvlei Jerseys oorhandig.
Neville Lotz, oud-afrigter was die gasspreker.
Tydens sy toespraak het hy baie klem op dissipline op en van die veld af gelê. Volgens die ervare rugbykenner en afrigter is jou ingesteldheid tot dissipline deurslaggewend tot jou sukses.
Die voorsitter, Julian Buis het almal bedank vir hul bydrae tot die sukses van die klub en 'n beroep gedoen om dit net verder in die gemeenskap uit te brei. Hy het Carlos en Sue Luis-Gomes, asook Pieter en Natasha van Deventer bedank vir hul borgskap en volgehoue ondersteuning aan die klub.
Sue Luis-Gomez en Carlos Gomez (middel) sit by die A-span. Foto: Clive Pretorius, korrespondent'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'