Gallery
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub spog sedert Vrydagaand 1 Junie met nuwe truie vir al drie hul spanne.
Die truie is tydens ’n oorhandigingsseremonie in die sportstadionsaal deur hul twee borge, Spar/Tops en Doornvlei Jerseys oorhandig.
Neville Lotz, oud-afrigter was die gasspreker. Tydens sy toespraak het hy baie klem op dissipline op en van die veld af gelê. Volgens die ervare rugbykenner en afrigter is jou ingesteldheid tot dissipline deurslaggewend tot jou sukses.
Die groep het op een of ander tyd ’n groot bydrae tot die ou Young Stars Rugbyklub of huidige Heibi gelewer. Agter, van links is Alec Roboerts, Mallet Rossouw, Richard Roberts en Patrick Pretorius. Voor: Leon Page, Alex Marshall,Davy Roberts en Rencia Roberts.
Die voorsitter, Julian Buis het almal bedank vir hul bydrae tot die sukses van die klub en ’n beroep gedoen om dit net verder in die gemeenskap uit te brei. Hy het Carlos en Sue Luis-Gomes, asook Pieter en Natasha van Deventer bedank vir hul borgskap en volgehoue ondersteuning aan die klub.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'