MELKHOUTFONTEIN NUUS - Groot opgewondenheid heers omdat die Seagulls rugbyspan van Melkhoutfontein Saterdag 14 April met hul eerste tuiswedstryd vir die jaar afskop. Hulle sal kragte met Mosselbaai meet.
Dié wedstryd word met nuwe truie gespeel. Dié truie is geborg en die manne kan nie wag om daarmee te spog nie.
Truie en hemde is deur DCH Builders Stilbaai en Masshire Stilbaai geborg. B-spanne begin 14:00 en A-spanne 16:00. Hekke maak reeds 13:00 oop.
David Hartnick van DCH Builders Stilbaai, Elvis Kiewiets en Chris Olivier van Masshire Stilbaai met die nuwe truie en hemde. (Foto verskaf)
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'