STILBAAI NUUS - Seagulls van Melkhoutfontein het Saterdag 26 Julie 'n goeie middag op kantoor beleef toe hulle al hulle wedstryde teen Eagle Stars van Sedgefield gewen het.
Gelukkig vir Eagle Stars het die A-span nie op al sy silinders gevuur nie en die eindtelling van 39 - 0 vlei die besoekers.
Die telling kon heelwat hoër gewees het as dit nie was vir 'n paar ongedwonge foute nie. Die rustydtelling was 17 - 0 in Seagulls se guns en daar is verseker hard gepraat in die kleedkamer, want die tweede helfte het beslis beter gelyk.
Die B-span het rustyd met 17 - 0 voorgeloop en die eindtelling was 29 - 5 in die guns van Seagulls.
Seagulls se C-span het hulle wedstryd met 28 - 0 gewen nadat hulle rustyd 7 - 0 voorgeloop het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’