RIVERSDAL NUUSFLITS - Met die rugbyseisoen om die draai het Riversdal-rugbyklub in hul laaste vriendskaplike wedstryd voor die seisoen begin, op hul tuisveld gewys dat hulle reg is om enige span in SWD Presidentsliga opdraende te gee.
Riversdal vee Seagulls met 55-17 plat en druk in totaal nege drieë.
Seagulls het self met ‘n paar gevaarlike lopies vorendag gekom, maar kon net nie die bal vinnig genoeg by die vleuels kry nie.
Dorp se drieë is aangeteken deur Jean Horn (1), Duncan Fransies (1), Jacobus Esau (2), Peter Elbrink (2), Jacques Damons (1), Jacobus De Bruin (1) en Abreu Pietersen (1). Damons (losskakel) het die res van die punte met sy skopskoen aangeteken.
Riversdal se B-span het ook hulle teenstanders gemaklik met 22-7 geklop.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'