MELKHOUTFONTEIN NUUS - Seagulls het verlede Saterdag in Melkhoutfontein gasheer gespeel vir Blues van Riversdal en hoewel dit nog vroeg in die seisoen is, kon jy sien die manne is uitgehonger vir rugby.
Die A-spanne se vriendskaplike wedstryd het baie gelykop verloop met Seagulls wat uiteindelik met 26 - 22 koning gekraai het.
Seagulls se C-span het naelskraap met 5 - 3 gewen.
Die Blues se B-span het die bordjies verhang in dié kragmeting waar die humeure soms oorgekook het, en hulle met 17 - 5 voor was voordat die skeidsregter die wedstryd voortydig gestop het.
Seaguls-spelers draf uit tussen die dirigente wat voortaan by elke tuiswedstryd in Melkhoutfontein gaan optree.
Seagulls en Blues pak mekaar weer Saterdag in 'n vriendskaplike wedstryd in die Riverville-stadion.
Die pom-pom meisies (dirigente), uitgerus deur die Stilbaai se gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) in Seagulls se kleure en afgerig deur Beryl Prins, het verlede Saterdag in Melkhoutfontein tydens die wedstryde opgetree.
Hulle sal in die toekoms by elke tuiswedstryd optree.
Seagulls se dirigente uitgedos in die rugbyklub se kleure.
Riversdal Blues se Selwyn Prins druk in die hoekie tydens Saterdag se vriendskaplike wedstryd teen Seagulls.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'