Gallery
RIVERSDAL NUUS - Daai laaste agt minute waar Oakdale desperaat aan sy voorsprong van 20 - 17 teen Boishaai vasgeklou het, was senutergend.
Pynigend vir die tuisskare, maar ook vir die Paarlse besoekers.
Boishaai het Oakdale met teenaanvalle gepeper en alles in hul vermoë gedoen om balbesit te beskerm. Maar die Bulle het koelkop gebly, ysere dissipline aan die dag gelê en soos Trojane verdedig.
'n Desperate geveg in die oë van die Paarliete, maar kolossaal vir Riversdal. Ná die kragvertoning kan Oakdale met groot vertroue uitsien na die res van die rugbyseisoen.
Hugo Redelinghuys het die aksiebelaaide kragmeting met sy kamera vasgevang. Kurt Coetzee se tweede drie was 'n juweel met die sterk senter wat sy pad dwarsdeur Boishaai se verdediging gehardloop het.
FOTOGALERY: Naelbytstryd in Riversdal
Marco Steyn, sterk stut en kaptein van Oakdale, beur oor die doellyn vir 'n kragdrie met 'n horde Boishaaiers wat hom probeer keer.
Erick Steyn breek weg met die bal met sy spanmaat Louis Fourie wat hom volg.
Therlow Prins wys sy hakskene vir die Boishaaier.
Rayline Alberts duik sy teenstander van Boishaai onderstebo met JC van Wyk wat naderstorm om hom te ondersteun.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’