RIVERSDAL NUUS - Die Hoër Landbouskool Oakdale het die afgelope naweek met elf rugbyspanne teen die Hoër Landbouskool Marlow op Cradock kragte gemeet.
Die Oakdale-ouers en -ondersteuners het reeds Vrydag in groot getalle na die Oos-Kaap vertrek om die Bulle te ondersteun.
Die spanne het nie hul ondersteuners teleurgestel nie en afgesien van die lang afstand wat afgelê is, is aanskoulike wedstryde gespeel.
Dit is welbekend dat tuisveldvoordeel 'n belangrike en bepalende faktor op Marlow is. Nogtans was dit steeds die Oakdalers wat gedomineer het en met agt oorwinnings huiswaarts gekeer het.
Uitslae:
o.14A: 66-6 (Oakdale), o.14B: 65-0 (Oakdale), o.15A: 24-11 (Oakdale), o.15B: 59-3 (Oakdale), o.16A: 24-21 (Oakdale), o.16B: 54-0 (Oakdale), o.19A: 47-31 (Oakdale), o.19B: 24-12 (Oakdale), o.19C: 12-18 (Marlow), o.19D: 14-15 (Marlow) en o.19E: 19-24 (Marlow).
Puntemakers:
o.19A
Drieë: Clyde Lewis (10), Jay-Cee Nel (12), Marcel Neethling (14) x 2, Keano Hendricks (2), Hannes Gous (4) x 2.
Doelskoppe: Jay-Cee Nel (12) x 2, Clyde Lewis (10).
Strafskoppe: Jay-Cee Nel (12), Lian du Toit (9).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'