Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues-rugbyklub, wat vanjaar die SWD se Super B-afdeling gewen het, het die toppresteerders op sy jaarlikse prysuitdeling op 15 Oktober vereer.
Enrique Arendse en Wilbur January is onderskeidelik as die junior en senior sportman van die jaar aangewys.
Vir die eerste keer in Riversdal Blues se geskiedenis het die klub sy legendes vereer. Hulle is Patrick Arendse, Ettiene Prins, Henry Koeries, Niklaas Esau, Dessie Scholtz en Geoff Prins.
Dit was ook die eerste keer wat die toppresteerders klubbaadjies ontvang het danksy die werk agter die skerms deur sy voorsitter Pieter Herling, en die bestuurspan.
Riversdal Blues hou sy algemene jaarvergadering (AJV) op 17 November in die Riverville-saal.
Dit begin 18:30 en almal is welkom om dit by te woon. Alle lede moet 14 dae voor die AJV opbetaald wees om te kan stem.
FOTOGALERY: Riversdal Blues-rugbyklub se jaarlikse prysuitdeling
Borge wat Riversdal Blues vanjaar goed ondersteun het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'