RIVERSDAL NUUS - Blues-rugbyspan van dié dorp het Saterdag 23 Junie teen Zoar tydens 'n wegwedstryd met 17-5 gewen.
Hoewel die besoekers gewen het, was dit glad nie 'n wedstryd wat hul graag sal wil onthou nie. Zoar is altyd onvoorspelbaar en gewoonlik baie agressief tydens 'n tuiswedstryd.
Blues is egter nie 'n span wat maklik tou opgooi nie. Hulle het daarin geslaag om drie doele aan te teken en met een doelskop geslaag. Indien die span hierop voortbou, behoort hulle die uitspeelronde te haal.
"Dit is waarom alle wedstryde, weg en tuis baie belangrik is," het hul afrigters gesê.
Die B-span het met 15-17 verloor, maar hulle is steeds die voorlopers in hul afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'